ADVERTISEMENT:

 

Nog een van fotograaf Sandra Boshoff se inskryings. Sy het dié foto van 'n luiperd in die Kruger Nasionale Park geneem met haar Canon EOS 6D kamera. Haar sluiterspoed was 1/500 van 'n sekonde met lensopening van f.5 en ISO van 2,500. Haar lensafstand was 147 mm.

Nog net een week kans om in te skryf

News in brief - Date: 24 November 2023

 

Die streek se fotograwe het nog net een week kans om in te skryf vir die Zoutpansberger se kalender-fotokompetisie vir 2024.

Omdat die 2024 kalender teen begin Desember reeds gedruk moet word, sal geen inskrywings vir Desember aanvaar word nie. ‘n Twaalfde wenner sal egter uit die foto’s gekies word van al die inskrywings wat deur die jaar spesiale vermelding in die koerant gekry het. Ons is nog op soek na 'n wenner vir November.

‘n Maksimum van vyf foto’s per fotograaf kan ingestuur word. Oudergewoonte soek ons na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld, van unieke landmerke en besienswaardighede tot die na­tuurlewe. Die foto moet egter binne die afgelope 24 maande geneem gewees het en moet die fotograaf se eie werk wees.

‘n Prys van R600 sal vir die wenfoto betaal word. Slegs hoë-resolusie digitale foto’s (verkieslik landskap-formaat) sal aanvaar word. Die foto’s (wat goeie kwaliteit selfoonfoto’s ook kan insluit) kan in hoë resolusie per e-pos ge­stuur word na [email protected], of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.

Die 12 wenfoto’s sal aan die einde van die jaar in ‘n groot-formaat muurkalender vir 2024 saamgevat word. Die kalender sal dan onder meer deur die Zoutpansberger gebruik word vir bemarkingsdoeleindes. Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure).

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: