Rugbymanne wil Saterdag geskiedenis maak
Hierdie komende Saterdag sal daar plaaslike rugby gespeel word soos nog nooit vantevore nie. Vir die eerste keer in die Louis Trichardt Rugbyklub se geskiedenis sal die finaal van die Boet Fick-liga op hul tuisveld beslis word. Die finaal is nog altyd in Polokwane gehou.



