Dopperontbyt

From: 08 February 2024

Until: 24 February 2024 at 10:00 AM

Location: Dopperkerk

Details:

Die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt bied op Saterdag, 24 Februarie, hulle baie gewilde Dopperontbyt aan tussen 08:00 en 10:00. Oudergewoonte is die spyskaart tjok en blok vol lekkertes, met jogurt en muesli, roereier, gebraaide spek en varkworsies, hoenderlewertjies, geurige maalvleisgereg met uie en sampioene, tamatieboontjies, geroosterde brood, verskeie ander brode en smere, asook kaas, beskuitjies en koue vleis wat aangebied word. Rond die maaltyd af met heerlike tee, koffie of vrugtesap. Die prys vir hierdie winskoop van die jaar beloop R80 vir volwassenes, R50 vir hoërskoolleerlinge, R30 vir laerskoolleerlinge en is gratis vir voorskoolse kinders. Kontak vir Nanette by 015 516 4007 of 0843044764 om te bespreek. “Gou speel, die kaartjies vlieg!” het die gemeente gesê

 

Contact Person: Nanette

Tel: 0843044764

Upcoming events

SPCA Farmer’s Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 27 Jul  (09:00 AM)
End:  27 Jul  (14:00 PM)
Soutpansberg Airshow and Fly-in
Where: Louis Trichardt municipal airfield
Start: 02 Aug
End:  03 Aug
Platjan 4x4-gesinsdag
Start: 10 Aug  (09:00 AM)
Meneer en Mejuffrou Triegie
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 15 Aug  (18:00 PM)
Mathys Roets kom kuier
Start: 17 Aug
Esther Ella Women’s Event at Agapé
Where: Agapé Christian Centre
Start: 24 Aug
NG Soutpansberg Kontrei-ete
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 30 Aug