CVO buitelugfilm saam met DBV

From: 29 February 2024 at 18:00 PM

Location: Zoutpansberg CVO

Details:

Lede van die publiek word uitgenooi om op Donderdag, 29 Februarie, te kom kyk na die buitelugfilm “Leap Year” om met vanjaar se Skrikkeljaar-viering saam te val. Die film word op die terrein van die Zoutpansberg CVO aangebied, in samewerking met die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging.
Die hoofrolle in die film word vertolk deur akteurs Amy Adams en Matthew Goode. Kaartjies kos R70 per volwassene en R30 per kind. Toegang vir kinders jonger as ses jaar is gratis. Die aand se verrigtinge begin om 18:00 en kaartjies is by die hekke beskikbaar.
Neem kennis dat geen koelhouers of eie kos toegelaat sal word nie, aangesien kosstalletjies beskikbaar sal wees.

 

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun