Ouma se verloofde molesteer glo kleinkind


Date:

01 July 2011

Read:

330 0,0,0,0,0,0,0

Print

Nog ‘n familie van Louis Trichardt het die prooi geword van ‘n vermeende pedofiel.

Dit volg na die arrestasie van ‘n 47-jarige man wat na bewering sy verloofde se kleindogter gemolesteer het. Die dogtertjie is maar vier jaar oud.

Die man is verlede Dinsdag by sy huis op die dorp in hegtenis geneem. Volgens inligting het die dogtertjie se ma onraad vermoed toe sy by die huis aangekom het en gesien het hoe die dogtertjie uit die man se kamer kom.

Die man word sedert sy arrestasie in die polisieselle aangehou en het Vrydag in die disktrikshof hier verskyn om ´n borgaansoek te bring. Hy moes egter die naweek ook in die selle deurbring, nadat sy saak uitgestel is hierdie week Dinsdag omdat sy aansoek vir regshulp nog nie afgehandel was nie.

Teen Dinsdag was die man se aansoek steeds nie afgehandel nie en hy sal in aanhouding bly tot en met sy volgende hofverskyning op Vrydag, 1 Julie, waarna sy regsverteenwoordiger na verwagting gereed sal wees om ´n borgaansoek te bring.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die ouma van die dogtertjie haar verlowing met die man verbreek het kort voor die man se arrestasie.

to comment you need to login first - Login

"Oubaas" Ackerman oorlede

02 May 2003
News: Die bekende plaaslike sakeman mnr. C. E. "Oubaas" Ackerman, is hier in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Hy is verlede Saterdagoggend vanuit die PPK gemeente begrawe
1750 0 Comments

Vriendelike Tossa se stemmetjie word stil

10 July 2009
News: Dit is met harte vol mooi herinneringe dat die glimlaggende Tina Bosh van Louis Trichardt se familie en vriendekring van haar afskeid neem, ná haar afsterwe op Vrydag, 3 Julie.
806 0 Comments

Site Navigation

Written By

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. Her beat is mainly crime and court reporting. At present, she is studying for her BA Degree through the University of South Africa.

Recent Author Articles