

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 July 2011
Een van die twee mans wat die afgelope paar weke verantwoordelik is vir ‘n vlaag van terreur op plase om Louis Trichardt, onder andere die aanval op mnre. Jan Louw en Ferdie Landman, is ‘n ontsnapte verhoorafwagtende.
Volgens inligting was die 24-jarige Brighton Chauke deel van die groep van vier verhoorafwagtendes wat in Oktober 2010 uit die polisieselle op Musina ontsnap het.
Chauke het saam met sy broer, Steven Chauke (28), ook van Zimbabwe, tereggestaan op klagte van moord in Musina, asook klagte van gewapende roof op Louis Trichardt. Dit het ingesluit die gewapende rooftogte by Palm Motors, die 24-uur kiosk by Bridge Motors en die Caltex-vulstasie in 2009.
Brighton het egter op 4 Oktober verlede jaar uit aanhouding ontsnap, voordat hy op die klagte van moord en gewapende roof tereg kon staan. Intussen is sy broer in Mei vanjaar in die streekhof op Louis Trichardt skuldig bevind op al drie klagte van gewapende roof op Louis Trichardt en tot 15 jaar op elke klag gevonnis. Hy moet nog teregstaan op die moordklag in Musina.
Die plaaslike polisiewoordvoerder het die gemeenskap, veral plaasbewoners, gemaan om uiters waaksaam te wees. Hy het lede van die publiek wat hulle behulpsaam kan wees met hul ondersoek versoek om so spoedig moontlik hierdie inligting aan die polisie deur te gee.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
