ADVERTISEMENT:

 

Sakeman Jack Oosthuizen het Maandag in die Streekhof op Louis Trichardt verskyn nadat die Staat weer die diefstalklagte teen hom heropen het.

Sakeman weer in hof oor vermiste geld

 

News  Date: 02 April 2012

 

'n Klag van diefstal teen ‘n sakeman van Louis Trichardt is vandeesweek heropen ná opspraakwekkende nuwe getuienis aan die lig gekom het.

Die 52-jarige Jacobus Christiaan Oosthuizen, alombekend as Jack, het Maandag in die Streekshof op Louis Trichardt verskyn. Sy medebeskuldigde, Jacques Julian Koch (36), is in Augustus verlede jaar op dieselfde klag ses jaar direkte gevangenisstraf opgelê.

Die diefstalklagte wat gebring is teen die twee hou verband met honderde duisende rande wat vermis geraak het terwyl hulle werksaam was by Bridge Auto in Louis Trichardt. Koch was ‘n verkoopsman en Oosthuizen die bestuurder van die tweedehandse voertuie-afdeling van Bridge. Hulle het glo gedurende 2010 die geld saam verduister.

Koch is uitgevang toe kliënte begin kla het dat hulle geld oorbetaal het vir motors wat hulle gekoop het, maar nooit die motors ontvang het nie. Koch is voor stok gekry en tydens ondervraging het hy glo gebieg dat hy en Oosthuizen die geld gevat het en daarmee gaan dobbel het by die Meropa Casino in Polokwane. Al die geld was afkomstig van Bridge-kliënte wat motors kontant gekoop of verkoop het.

Verlede jaar is die klagte teen Oosthuizen tydelik teruggetrek om dié bewerings van Koch te ondersoek.

Die Staat het intussen bevestig dat daar wel nuwe getuienis teen Oosthuizen gebring is. Oosthuizen se saak is uitgestel vir verdere verhoor.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines