

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 02 July 2010
Die tyd het weer aangebreek vir die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, sekerlik die grootste gholftoernooi op plaaslike bodem.
Die Soutpansberg Gholfklub op Louis Trichardt speel weer gasheer vir dié gewilde toernooi, wat jaarlikse spelers van heinde en verre lok. Oudergewoonte sal die Klerksdorp-groep weer hul slag kom wys.
Die toernooi vind vanjaar weer oor drie dae, vanaf 8 tot 10 Julie plaas. Elke dag se spel word in die formaat van ‘n beterbal Stabledord-formaat beslis, met een algehele wenner wat op grond van sy of haar individuele punte oor al drie dae aangewys word. Na wat verneem word, sal plaaslike gholfspeler Vic Jacobs vanjaar weer daar wees om sy titel as algehele wenner te kom verdedig. Hy het die Hanglip 54 in beide 2008 en 2009 ingepalm.
Die eerste dag se spel word vanjaar oudergewoonte geborg deur die Makhado Munisipaliteit. Coca-Cola Fortune is die borg van dag twee se spel, met die klub se sakemanne wat weer sal optree as borge van die derde dag se spel.
Die Woensdag (7de) voor die begin van die toernooi, sal die klub ook weer hul tradisionele “perdeveiling” aanbied. Plaaslike spelers word tydens hierdie veiling opgeveil en, afhangend van hul prestasie tydens die toernooi, ontvang die koper die grootste deel van die prysgeld, terwyl ‘n deel daarvan aan die klub gaan. Klublede word derhalwe versoek om almal die veiling by te woon.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
