

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 December 2009
Die lugmagsersant van LMB Makhado wat daarvan beskuldig word dat hy sy 10-jarige stiefdogtertjie seksueel misbruik het, sal die feestydperk agter tralies moet spandeer.
Dit volg na die man se hofverskyning Maandag in die landdroshof op Louis Trichardt, waartydens sy borgaansoek weereens uitgestel is.
Die 34-jarige man, wat op 2 November in hegtenis geneem is, het verskyn op een klag van verkragting, een klag van die misbruik van ‘n minderjarige vir die vervaardiging van kinderpornografie, een klag van die vertoon van kinderpornografie aan ‘n minderjarige en een klag van die besit van kinderpornografie.
Na bewering hou die klagte teen die man verband met ‘n voorval waar hy die meisie gedwing het om orale seks met hom te hê, terwyl hy dit met sy selfoonkamera afgeneem het.
Tydens sy hofverskyning het die Staat aangedui dat hulle van plan is om die man se borgaansoek teen te staan en aangevra dat die saak eerder uitgestel word vir ‘n verhoorda-tum.
Die hof het hiertoe ingestem en die man se saak uitgestel tot 23 en 24 Februarie volgende jaar, waarna sy saak verhoor sal word.

ADVERTISEMENT:
