ADVERTISEMENT:

 

Afgeneem kort na die Soutpansberg Noord Kring se prysuitdeling is, van links me. Kobie Mostert (hoof van Hoërskool Eric Louw), dr. N. S. Phaswana (Kringbetsuurder) en rdl. Caroline Mahasela (burgemeester van Musina en gasspreker tydens die prysuitdeling).

Eric Louw aangewys as topskool in Noord Kring

 

News  Date: 05 February 2010

 

Hoërskool Eric Louw op Musina het rede om breëbors te pronk, nadat hulle tydens die Soutpansberg Noord Kring se prysuitdeling op 29 Januarie aangewys is as die top skool in die kring.

Mopani Intermediêre Skool was tweede. Buiten om as top skool aangewys te word, het Eric Louw ook die trofee ontvang as die skool met die hoogste persentasie kandidate wat gekwalifiseer het vir ‘n diploma-kursus aan die einde van Graad 12 in 2009.

Sestien van dié skool se onderwyspersoneel het sertifikate ontvang vir onderskeidings behaal in die vakke wat hulle onderrig het. Die 74 Graad 12 leerders het in totaal 53 A-simbole verwerf. Dertien vakonderwysers het ook toekennings ontvang vir ‘n 100% slaagsyfer in hul vak.

Graad 12-leerder Elana Mostert het ‘n pragtrofee en medalje ontvang vir die meeste A´s in die Soutpansberg Noord Kring. Sy het in haar senior eksamen verlede jaar sewe A’s verwerf. Twintig ander Graad 12-leerders van Eric Louw het ook ‘n sertifikaat en medalje ontvang vir onderskeidings behaal in verlede jaar se eindeksamen.

Tydens die spoggeleentheid het dr. N.S. Phaswana (Kringbestuurder) alle presteerders gelukgewens met hul uitsonderlike prestasies. Hy het ook die huidige Graad 12 leerders wat die funksie bygewoon het, gemotiveer om hierdie voorbeeld na te volg. Dit was ook met trots dat hy aangekondig het dat die Soutpansberg Noord Kring die hoogste slaagsyfer (74,8%) in die Vhembe-distrik, sowel as in die provinsie, behaal het.

Borge wat die prysuitdeling moontlik gemaak het, het onder meer ingesluit mnr. N.E. Phaswana van Kalahari-uitgewers, wat besondere groot pryse geborg het. Onder die ander borge was ‘n oud-leerling van Eric Louw, Ernest Mashau, van Maths Master.

Na afloop van die prysuitdeling is ongeveer 700 gaste getrakteer met ‘n smaaklike middagete, wat voorberei is deur Eric Louw se koshuispersoneel in samewerking met Mopani Intermediêre skool.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines