ADVERTISEMENT:

 

Droë winter wag op boere

 

News  Date: 05 April 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Strawwe winter lê voor vir boere in die verre noorde van die land.

Op plase noord van die Soutpansberg het boere al begin om diere te voer, terwyl lusern ook alreeds moeilik bekombaar is.

'n Woordvoerder vir georganiseerde landbou in die Soutpansberg, mnr. Eben de Bruin, het by navraag gesê dat van die boere reeds besig is om vee te verkoop en hul kuddes te verklein, terwyl wildboere in alle erns begin voorbereidings tref om die wild te voer.

Die streek het die afgelope reënseisoen heelwat minder as sy normale kwota ontvang. Op plekke het minder as die helfte van die normale reënval vir die tyd van die jaar voorgekom en volgens alle aanduidings is daar nie goeie vooruitsigte vir verdere neerslae nie.

Op plase in die omgewing van Mopane waar daar wel neerslae was, is soveel as 170mm aangeteken, wat minder is as die helfte van die normale jaarlikse reënval wat daar ondervind word.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines