ADVERTISEMENT:

 

Weer tyd vir kalenderfoto-kompetisie

 

News  Date: 05 November 2010

 

‘n Totale prysgeld van R6 000 is op die spel, met 12 weninskrywings wat gekies sal word, een foto vir elke maand. Die weninskrywings sal in ‘n A2-formaat 2011-kalender opgeneem word wat deur die Zoutpansberger en Limpopo Mirror vir bemarkingsdoeleindes gebruik sal word. Die kalender sal ook teen ‘n minimale bedrag te koop wees.

Slegs hoë-kwaliteit foto’s met temas wat duidelik uniek is aan die Soutpansberg sal oorweeg word. Wildlewefoto’s is welkom, alhoewel die koerantgroep meer inskrywings wil sien rondom die streek se kulturele erfenis, sy mense en landskapstonele.

Die kompetisie word beperk tot ‘n maksimum van vyf inskrywings per deelnemer. Die deelnemer moet self vooraf sy/haar vyf keuses maak.

Die foto’s moet verkieslik in hoë-resolusie, digitale formaat wees, aangesien lae-resolusie foto’s nie goed reproduseer nie. A4-vergrotings van filmkameras is ook welkom, maar geen selfoon- of poskaartgrootte foto’s sal in ag geneem word nie. Buiten vir filmafdrukke, moet inskrywings verkieslik op CD geplaas word.

Op elke inskrywing moet daar duidelik aangedui word wie die fotograaf is, die kontakbesonderhede, watter kamera en lens (indien beskikbaar) gebruik is en waar en wanneer die foto geneem is. Alhoewel tegniese aspekte soos die kwaliteit en skerpheid van die foto’s in ag geneem sal word, hoef die foto uiteindelik slegs ‘n mooi prentjie te maak.

Elk van die wenfoto’s wat gekies word, sal teen R500 elk vanaf die fotograaf aangekoop word. Inskrywings kan by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B, Louis Trichardt ingehandig word.

Vir meer inligting, skakel Andries van Zyl by tel. 015 516 4997 of skryf aan [email protected]

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines