ADVERTISEMENT:

 

Marli verpletter nog 'n SA rekord

 
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Een van Suid-Afrika se mees belowende sportsterre, en leerling van Hoërskool Louis Trichardt, Marli Knoetze, het met die aanbreek van die nuwe atletiekseisoen reeds weer vir 'n opskudding gesorg.

Marli het Saterdag deelgeneem aan haar eerste amptelike atletiekbyeenkoms vir die nuwe atletiekseisoen, tydens 'n tussenskoolse atletiekdag op Musina. Atlete van Hoërskole Eric Louw, Louis Trichardt, Merensky, Tom Naudé en Noorderland het aan die byeenkoms deelgeneem.

Dit was weer in die diskusgooi vir DO/17 waar Marli vir drama gesorg het, deur weereens 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel. Die ou rekord het gestaan op net oor die 46m.

Marli het met een van haar eerste gooie 'n afstand van oor die 47m bereik. Ongelukkig vir haar het die beampte wat die meetband moes help vashou, te vinnig die band opgetel en die gooi kon nie amptelik gemeet word nie. Daarna het Marli 'n paar gooie gehad van net oor die 46m. Haar deursettingsvermoë is beloon toe sy met haar tweede laaste gooi 'n afstand van 48,04m bereik. Die gooi is gemeet deur 'n gekwalifiseerde skeidsregter. In hierdie stadium wag Marli-hulle nog net dat die rekord erken moet word.

Sport - Date: 06 February 2004

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: