ADVERTISEMENT:

 

Gareth Brooks. Foto verskaf.

Jong man kritiek ná botsing met trein

 

News  Date: 08 July 2011

 

‘n Jong inwoner van Louis Trichardt is vroeg Saterdagoggend 2 Julie ernstig beseer na ‘n motorfietsongeluk in die industriële gebied.

Die 19-jarige mnr. Gareth Brooker het met ‘n stilstaande trein gebots by die treinoorgang in Groblerstraat.

Volgens een van Brooker se vriende wat eerste op die toneel was, mnr. Francois Basson, was Brooker in ´n noordelike rigting op pad toe hy in die trein vasgery het. Die ongeluk het ongeveer 03:00 plaasgevind. Brooker was op pad terug vanaf die gewilde kuierplek, Rumours, waar hy vir die vakansie werk.

Na verneem word het Brooker glo nie die trein gesien wat oor die pad gestaan het nie. Die trein was vermoedelik besig om van spore te verwissel.

‘n Erg bebloede en beseerde Brooker is na die Zoutpansberg Privaathospitaal gejaag, waar hy gestabiliseer is en na die MediClinic in Polokwane afgervoer is. Ten spyte van die valhelm wat hy gedra het, het Brooker glo heelwat kopbeserings opgedoen. “Hy het ‘n gebreekte been en twee gebreekte arms gehad. Hy het ook taamlike kopbeserings gehad,” het Basson gesê.

In Polokwane is Brooker verder behandel en gestabiliseer en per helikopter na ´n hospitaal in Pretoria geneem, waar hy sedert die naweek onder sterk verdowing gehou word. Teen druktyd het Brooker se ouers nog by hom gewaak in die hoësorgeenheid en kon hulle nie vir kommentaar bereik word nie.

Brooker se vriendin, me. Chantelle Nel, het Woensdag gesê dat hy alreeds operasies ondergaan het om van die breuke en wonde te herstel. "Hy is stabiel, maar steeds kritiek. Die die breuke is baie sleg," het Nel gesê.

Volgens Nel sal Brooker nog talle operasies moet ondergaan en is dit nie seker wanneer hy ontslaan sal word nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines