ADVERTISEMENT:

 

FJ Reynecke (links) en Madrè van die Walt (regs). Foto ver-skaf

Louwtjies spog weer met 100% slaagsyfer

 

News  Date: 09 January 2009

 

Hoërskool Eric Louw van Musina se 2008-matriekleerders spog met ‘n 100% slaagsyfer na afloop van verlede jaar se senior eksamen.

Die leerders se prestasie is, ten spyte van die uitdagings van die nuwe kurrikulum, ‘n rekord prestasiejaar vir Eric Louw.

Twee van die skool se matrieks, Madrè van der Walt en FJ Reynecke, spog elk met ses onderskeidings, terwyl Danika Pietersen en Progress Mulundo elk drie onderskeidings inpalm.

Eric Louw se groep van 74 matrieks het altesaam 40 onderskeidings opgelewer, met ‘n verdere 152 B-simbole.

“Baie geluk aan al 74 hierdie matrikulante met hul puik prestasie! Ons hou jul dop in 2009 en wens julle net die beste toe. Baie geluk en dankie ook aan me. Mostert en al die ander leerkragte - sonder jul hulp, ondersteuning en aanmoediging sou die matrieks nie so goed gevaar het nie,” is die boodskap van die skool.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines