ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Petrus Stephanus Vosloo (68).

Vossie Vosloo van Levubu oorlede

 
Familie en vriende het met hartseer afskeid geneem van mnr. Stephanus Vosloo (68), oftewel Vossie, soos hy alombekend was onder inwoners van Levubu.

Mnr. Vosloo, ‘n bekende sakeman van die omgewing, is Maandag (6de) uit die NG-kerk op Levubu begrawe. Hy is na ‘n lang siekbed op 30 Junie oorlede.

Familie en vriende sal mnr. Vosloo onthou as ‘n gewone man wat gewone dinge gedoen het, maar dat hy tog op sy eie, besonderse manier baie mense se lewens aangeraak het. Volgens sy eggenote, Mykie, kon sy lewe in drie hoofstukke opgedeel word.

“Hy het eerstens vir sy kinders geleef en hulle geleer dat dit die klein dingetjies in die lewe is wat werklik saak maak.”

Mykie onthou ook met deernis haar man se slagspreuk in die lewe, “my high on the highway.”

“Hy het elke dag ‘n 101 dinge gedoen wat hy nie mag gedoen het nie!”

Vossie word oorleef deur sy twee kinders, Choppie en Elize, en hulle eggenotes Alta en Lukas, asook sy vier kleinkinders, Fanie, Chris, Werner en Adrie.

Na afloop van die begrafnis het Mykie haar opregte dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Levubu, asook vriende en familie vir al hul bemoediging, liefde en dienste en bystand. Sy het ook ‘n spesiale woord van dank gehad vir Martin’s Begrafnisdienste vir hul uitstekende diens gelewer.

“Dit word opreg waardeer. Sonder my kinders, vriende en familie sou ek dit nie kon doen nie. Dankie aan ons Hemelse Vader vir sy onbeskryflike liefde en genade.”

News - Date: 10 July 2009

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: