

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 September 2010
“Daar is ‘n donker, vernietigende, negatiewe kant aan die herverdeling van grond.” So het mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie gereageer met betrekking tot grondeienaars wat goedsmoeds hul plase aan die regering verkoop.
Sy uitspraak kom na die voorval op Levubu verlede week waar ‘n groep plaasarbeiders verteenwoordigers van die Grondeise Kommissie van ‘n plaas verwilder het. Dit, sê SDLU, laat die vraag ontstaan wie werklik die prys betaal vir grondhervorming.
Mnr. Fritz Ahrens, die SDLU se grondsakeverteenwoordiger, het gesê dat bitter min van die grondeise in die Limpopo Provinsie as geldig bewys is.
“Die geldigheid van die eise in Levubu is ook nog nooit getoets nie. Daarom is boere onder geen verpligting om hulle grond weg te gee nie,” het Ahrens gesê.
Wanneer plase aan die regering verkoop word, is dit dikwels die plaasarbeiders wat sonder heenkome gelaat word. Derhalwe, sê Ahrens, het grondeienaars ‘n verantwoordelikheid teenoor arbeiders.
“Hulle is meestal ongeskoolde of halfgeskoolde werkers wat waarskynlik nie ander werk sal kry nie. Daarom moet boere twee keer dink voordat hulle hul grond goedsmoeds weggee.Die ongetoetste Levubu grondeise is ‘n klassieke voorbeeld. Grondeienaars het hulle grond weggegee. Hulle is wel vergoed, maar min van hulle kon dieselfde lewenstandaard na die afhandeling van die eis handhaaf as waaraan hulle gewoond was. Meer nog, bitter min van die plaaswerkers wat vir jare in Levubu gewerk het, het werk op die plase wat weggegee is,” het Ahrens gesê.
Ahrens het gesê dat die SDLU, in samewerking met TLU SA Noord, ruim gebruik maak van die bykans R500 000 se opleiding wat deur AgriSETA beskikbaar gestel is. Plaaswerkers word so die geleentheid gegun om hulself en hul lewensomstandighede te verbeter.
“Dit wil voorkom asof geen opleiding gedoen word op die plase wat aan die regering weggegee is nie? Nog ‘n ideologiese mislukking en wie moet die prys betaal? Die plaaswerkers wat nou sonder inkomste en sonder enige kans vir opleiding by die huis moet swoeg omdat bykans 50% van die hoogs produktiewe en arbeidsintensiewe Levubu plase onbenut en onbewerk lê,” het Ahrens gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
