ADVERTISEMENT:

 

Oud-polisieman verloor stryd teen kanker

 

News  Date: 11 January 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Vic Niemann, bekende oud-polisieman en inwoner van die Soutpansberg, is op Dinsdag, 1 Januarie na 'n lang stryd teen kanker in die ouderdom van 51 jaar oorlede.

Vic is in 1950 in Zambië gebore, waarna sy familie na Pretoria verhuis toe hy sowat drie weke oud was. Hier het hy sy skoolloopbaan voltooi, waarna hy by die Polisiekollege in Pretoria aangesluit het. Sy diens in die polisie het op Naboomspruit begin, waarna hy na Ellisras oorgeplaas is. Hy was ook vir 'n periode verbonde aan die Hondeskool in Pretoria en die Honde-eenheid in die Wes Rand, waarna hy in 1976 na die Honde-eenheid op Louis Trichardt verplaas is.

As polisieman op Louis Trichardt het Vic gou bekend geword, veral tydens sy diens as speurder. Hy het ook opgetree as bevelvoerder van die SAPD op Bandelierkop, waarna hy weer aangesluit het by die plaaslike speurdiens. Hier was hy werksaam tot met sy uittrede in 1995.

Na sy diens as polisiebeampte, het Vic vir 'n kort tydperk hom toegespits op die eiendomsmark, maar sluit later aan by 'n privaat sekuriteits-maatskappy, Soutpansberg Kriminele Ondersoekdiens. Dit was veral gedurende dié tydperk waar hy veral bekend geword het onder die plaaslike boerdery-gemeenskap.

Vic was ook bekend in plaaslike rugbygeledere. Buiten daarvoor dat hy in sy jonger dae by talle geleenthede vir die dorp op die veld gedraf het, was hy ook lid van die rugbyklub se bestuur en lid van die Verre-Noord Keuringsraad. Hy was ook aktief betrokke in sy gemeente en was tot sy afsterwe 'n ouderling in die Gereformeerde Kerk. Hy is in 1998 met kolonkanker gediagnoseer.

Vic is op Vrydag, 6 Januarie vanuit die Gereformeerde Kerk op Louis Trichardt begrawe. Die diens is waargeneem deur ds. David Serfontein. Hy word oorleef deur sy vrou (Tina), seun (Deon), kleinseun (Dylan), ma (Tannie Corrie) en broer (Boere).

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines