ADVERTISEMENT:

 

Dié breekslag deur Hoërskool Louis Trichardt se eerstes is sekondes later met ‘n drie beloon. Dit was ‘n naelbytstryd gewees tussen Triegies se eerstes en die eerstes van Hoërskool Orkney, maar dit was op die ou end Triegies wat as wenners uit die stryd tree in die kwarteindrondte van die Beeldtrofee.

Triegies deur na semi's van Beeld-trofee

 
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Beide Hoërskool Louis Trichardt se O/15- en eerste rugbyspanne het die afgelope hul wedstryde in die kwarteindrondte van die Beeldtrofee gewen.

Die eerstespan het met 28-16 geseëvier in hul wedstryd teen Hoërskool Orkney, terwyl die O/15’s die span van Wonderfontein met 15-5 geklop het. Albei wedstryde is op Triegies se tuisveld gespeel.

Vir die eerstes het Francois Breytenbach twee drieë aangeteken, terwyl Ronnie Maumela een drie gedruk het. Franco Welman het met die skopskoen twee drieë verdoel en plaas drie strafskoppe tussen die pale deur.

“Die eerstes het uitstekend verdedig en het goeie aggressiewe rugby gespeel en hulle nie laat intimideer nie. Hulle het regtig goed gedoen,” sê hul afrigter, mnr. Brandy Harding.

Vir die O/15’s het Hulisani Ramudzwagi twee pragdrieë gedruk na twee puik breekslae. Die span se doelskopper, Ludwig Gossmann, het een drie verdoel en ‘n strafskop oorgeskop. Die voorspelers het mooi saamgespeel, terwyl die agterspelers goed afgerond het.

Op Saterdag, 13 Augustus, vind die halfeindrondte op Hoërskool Louis Trichardt se sportveld plaas. Die eerstespan kom teen Hoërskool Parys te staan en die O/15-span gaan kragte meet teen Hoërskool Piet Retief. Alle ondersteuners word hartlik uitgenooi om die spanne te kom ondersteun in hierdie belangrike kragmetings.

Sport - Date: 12 August 2005

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: