ADVERTISEMENT:

 

“Haal liewers daai masker af”

 

News  Date: 12 December 2008

 

Ek is so geskok in die optredes en gedrag van gesiene, gereelde en gerespekteerde kerkgangers, dat ek nie ander kan as om dit in alle beskeidenheid aan te spreek nie.

Laat my vertel van die man wat ‘n werk by die dieretuin gekry het om die gorilla wat dood is se “kleed” aan te trek om die besoekers te vermaak.

Die man is in sy noppies. Hy baljaar, swaai en doen manewales en allerlei toertjies, want hy geniet dit as die mense so voor sy hok saam koek om hom te bewonder. Toe eendag swaai hy weer baie hoog en sy hande gly los. Daar trek hy deur die lug, bo-oor die hoë draad tot langsaan in die leeuhok.

Met die afkomslag sien hy hoe die leeu oop bek vir hom staan en wag. Hy dag “Vandag is dit klaar met my” en hy gil en skreeu bloumoord. Toe hy grondvat, is die leeu bo-op hom en sê “Bly stil! Is jy onnosel – netnou is ons altwee sonder werk!”

My boodskap aan maskerdraers is: Net soos toeskouers by die hok is almal verras en geskok as die masker gelig word. So, haal dit liewer af, sodat jou ware identiteit blootgelê word.

Hierdie boodskap is nie sonder meriete nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines