ADVERTISEMENT:

 

Die Makhado Munisipaliteit het die afgelope maand ‘n laat betalings- en heraansluiting fooi van R171,30 op talle inwoners se munisipale rekenings gehef, selfs al het hulle verlede maand betaal. In hierdie geval het die inwoner wel bewys dat hy sy uitstaande R1 794,17 betyds verlede maand betaal het, maar dit reflekteer nie op die munisipale rekening nie.

Munisipaliteit hef fooi, selfs al is rekening betaal

 

News  Date: 12 December 2011

 

Menige inwoner van Louis Trichardt het sekerlik die R171,30 toevoeging op hul nuutste munisipale rekening raakgesien.

Hierdie bedrag is inderdaad ‘n laat betalings- en afsnyfooi wat die Makhado Munisipaliteit op rekeninge gehef het, selfs op rekeninge wat verlede maand betyds betaal is. Daarbenewens reflekteer menige inwoners se betaling van verlede maand nie op hul rekeninge nie.

Gevra waarom hierdie laat betalingsfooi op rekeninge gehef is en waarom vele inwoners se betalings van verlede maand nie op hul rekeninge verskyn nie, het munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi bloot bevestig dat dit inderdaad wel ‘n heraansluitingfooi is vir mense wie se kragtoevoer afgesny is. Alhoewel hy spesifiek daarvoor gevra is, het hy geen verduideliking gegee waarom die fooi op inwoners se rekeninge gehef is wat wel betaal het en waarom hul vorige maand se betalings nie op hul rekeninge reflekteer nie.

Oor wat mense wat wel betyds betaal het en teen wie die fooi steeds gehef is, moet doen, het Bobodi hulle aangeraai om die munisipaliteit te skakel sodat hulle dit kan uitsorteer. Intussen meen talle die heffing van die fooi op rekeninge wat wel betaal is, grens aan bedrog.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines