ADVERTISEMENT:

 

Nog 'n rekord vir Marli

 
LOUIS TRICHARDT - Die skitterende atleet Marli Knoetze van Louis Trichardt Hoërskool het die afgelope naweek tydens 'n atletiekbyeenkoms in die Pilditch-stadion in Pretoria weer twee uitstaande eerste plekke behaal in die gewigstoot en diskus vir Meisies O/15.

Haar poging van 14,79 meter in die gewigstoot is beter as die bestaande Suid-Afrikaanse rekord van 14,61 meter, maar sal eers deur Atletiek SA bekragtig moet word alvorens dit in die rekordboeke aangeteken word.

In die diskus het Marli eweneens goed presteer met 'n afstand van 40,43m.

Marli het tot dusver in die atletiekseisoen volgehoue uitstaande prestasies gelewer. In die tussenskoolse byeenkomste het sy verskeie skolerekords verbeter. Sy het die konstante hoë gehalte voortgesit tot op provinsiale en nasionale vlak.

Vroeg in Februarie vanjaar het sy reeds vir 'n verrassing gesorg toe sy tydens 'n vriendskaplike tussenskole byeenkoms by Hoërsksool Louis Trichardt 'n nuwe nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord in die skyfwerp opgestel het. Weens verskeie praktiese probleme met die opmeting en die terrein is die rekord egter nie amptelik erken nie. Dit is egter as 'n nuwe skolerekord aangeteken. Sy het ook 'n nuwe skolerekord in die gewigstoot opgestel.

Later dieselfde maand het Marli 'n nuwe Atletiek Suid-Afrika-rekord in die skyfwerp vir meisies O/15 opgestel.

Sport - Date: 13 September 2002

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: