

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 June 2007
Laerskool Louis Trichardt se kinders en personeel is tans dringend op soek na Smiley die Tandmuis na ‘n onlangse besoek aan die skool.
Smiley het op 20 Maart ‘n draai gemaak by die skool. Leerders kon kies om ‘n tandmuiskussinkie teen R14 elk te koop, of hulle te laat afneem saam met die tandmuis (R14 vir twee foto’s). Die tandmuiskussinkie en twee foto’s kon gesamentlik vir R25 gekoop word.
Die gelde is vooraf ingesamel aangesien daar kontant by bestelling gegee moes word. Smiley het vyf tandmuiskussinkies oorhandig, maar toe uit voorraad geraak. Daar is toe met Smiley gereël dat die oorblywende kussinkies saam met die foto’s aan die skool gestuur sou word.
Maar na vele oproepe en boodskappe, sê die skool, lyk dit of Smiley heeltemal verdwyn het. Nie die kussingkies of die foto’s is tot op hede ontvang nie.
"Indien enige iemand inligting van Smiley die Tandmuis het, sal dit waardeer word as daar met die skool dringend geskakel kan word by tel. 015 516 5151," vra die skool.

ADVERTISEMENT:
