

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 January 2012
Hoërskool Eric Louw op Musina het na afloop van die 2011 senior eksamens as een van die top 30 skole in die Limpopo Provinsie geëindig.
Dié aankondiging is gemaak tydens die provinsiale prysuitdeling vir skole in Polokwane op 5 Januarie. As prys het die skool ‘n trofee en sertifikaat ontvang.
Louwtjies se 70 matriekleerlinge het altesaam 46 A-simbole en 60 B-simbole ingepalm, met ‘n algehele slaagsyfer van 98%. Hul toppresteerder was Jan-Albert Haasbroek, wat spog met ses onderskeidings vir ‘n gemiddeld van 80% in Afrikaans eerstetaal, Engels tweedetaal, wiskunde, fisiese wetenskap, lewensoriëntering, asook 79% vir rekeningkunde. Geen wonder dat hy tydens Louwtjies se jaarlikse prysuitdeling in November verlede jaar aangewys is as die skool se top akademiese presteerder nie.
Die skool se Charlaine van Staden palm op haar beurt vier onderskeidings in Afrikaans eerstetaal, Engels tweedetaal, toerisme en lewensoriëntering in, terwyl klasmaats Tanya de Villiers en Gwen Ramavhuya elk drie onderskeidings verwerf. Tanya se onderskeidings was vir Afrikaans eerstetaal, Engels tweedetaal en lewensoriëntering, met Gwen met onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering en fisiese wetenskap.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
