Plaasmoorde moet ook prioriteitsmisdade wees

generiese foto

Date:

17 February 2012

Read:

299 0,0,1,0,0,0,1

Print

TLU SA het in ‘n persverklaring gesê hulle is bly om te verneem dat veediefstal in die Vrystaat nou ‘n prioriteitsmisdaad verklaar is. Netso was hulle verheug om te hoor van al die maatreëls wat ingestel word om renosters teen stropers te beskerm.

Te midde van die goeie nuus was daar egter weer ’n plaasmoord, waarin die 71-jarige mev. Ingrid Niebuhr in die huis op haar plaas in die Wakkerstroom-omgewing vermoor is.

“So bly as wat ons is dat sekere misdade wat met boerdery verband hou prioriteitsmisdade verklaar word, so bekommerd is ons dat die regering en polisie nie die aandag aan plaasmoorde gee wat dit verdien nie. Mev. Niebuhr is no 1 555 op TLU SA se databasis van mense wat op plase vermoor is, en ons vermoed dat hierdie getal selfs hoër kan wees,” sê TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes.

“Die regering is ons ’n paar reguit antwoorde verskuldig. Ons wil eerstens weet of plaasmoorde en plaasaanvalle nog wel as prioriteitsmisdade beskou word. Ons is ook geregtig om te weet watter maatreëls ingestel word om boere te beskerm, en om moordenaars aan te keer en te vervolg.

“Ons kan al die gesteelde vee terugvind, en ons kan alle renosters beskerm, maar as die boere wat met hulle werk, vermoor word, is daardie aksies absoluut futiel.  Die regering moet sy prioriteite vir ’n slag regkry, want ons kan nie voortgaan om boere teen hierdie tempo te verloor nie.  Sover ons weet is sewe landbouers sedert die begin van die jaar vermoor. Dinge kan nie so aangaan nie,” sê mnr. Meintjes.

Gedurende Januarie het TLU SA gevra vir ’n dringende gesprek hieroor met die Kommissaris van Polisie. 

“Sedertdien is nog niks van hulle verneem nie. Ons gaan die saak nou opvolg met die polisie, want ons kan die saak beslis nie net daar laat nie,” sê mnr. Meintjes.

to comment you need to login first - Login

Polisie arresteer te vinnig, sê veearts

01 July 2011 By Isabel Venter
News: Die saak teen ‘n veearts wat daarvan beskuldig is dat hy renosters sonder die nodige permitte onthoring het, is Maandag deur die Staat teruggetrek nadat dit intussen aan die lig gekom het dat hy wel oor die nodige permitte beskik het.
447 0 Comments

Renosterslagting duur voort

04 March 2011
News: Nóg vyf van Limpopo se renosters is afgemaai vir hulle horings. Vier renosterkarkasse is verlede Vrydag op die plaas Hanley van mnr. Lood Goosen, ‘n bekende plaaslike boer en wildvanger, ontdek.
524 0 Comments

Wye rekasie volg op renoster-arrestasies

01 October 2010 By Andries van Zyl
News: Die Bosveldjagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) het met skok kennis geneem van die hoeveelheid professionele persone wat verlede week in hegtenis geneem is en voor die hof verskyn het vir hul beweerde betrokkenheid by die onwettige jag van renosters.
562 0 Comments

Site Navigation

Written By

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he hold until today.

Recent Author Articles