ADVERTISEMENT:

 

Die eerstespanne van Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Parys het Saterdag in ‘n taai wedstryd kragte gemeet in die semifinaal van die Beeldtrofee. Die eindtelling was 23-10 in Parys se guns.

Triegies se O/15's deur na finaal van Beeldtrofee

 
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die twee rugbyspanne van Hoërskool Louis Trichardt wat deurgedring het na die semifinale wedstryde van die Beeldtrofee vir klein hoërskole, het gemengde sukses behaal in hulle onderskeie wedstryde op Saterdag (13de).

Beide wedstryde is op Hoërskool Louis Trichardt se rugbyvelde beslis.

Die eerstespanne van Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Parys het in ‘n taai wedstryd sonder enige genade kragte gemeet. Louis Trichardt het aggressief gespeel, maar verloor die wedstryd teen Parys 23-10. Louis Botha van Louis Trichardt druk ‘n pragdrie, wat ook die span se enigste drie in die wedstryd was. Franco Welman dra die res van die punte by met sy skopskoen. Die span het deurentyd mooi saamgespeel, maar verkeerde opsies by tye het veroorsaak dat hulle nie die balbesit en gebiedsvoordeel in hulle guns kon laat tel nie.

Die O/15-span van Hoërskool Louis Trichardt wen op hulle beurt hul wedstryd teen Hoërskool Piet Retief. Die eindtelling was 13-11. Huli Ramudzwagi teken twee drieë aan vir Louis Trichardt terwyl Ludwig Gossmann slaag met ‘n strafdoel. Piet Retief slaag met twee strafdoele en druk kort na rustyd ‘n onderskepdrie, heeltemal teen die verloop van die spel. Louis Trichardt het verdien om te wen met hul goeie samespel en puik verdediging.

Louis Trichardt se O/15-span speel eerskomende Saterdag (20ste) teen Hoërskool Schweizer Reineke in die finaal van die Beeldtrofee vir klein hoërskole. Die wedstryd sal plaasvind op Parys.

Sport - Date: 19 August 2005

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: