ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichart tree vir die derde agtereenvolgende jaar as algehele wenners van die Super 16 rugby uit die stryd. Hier is die O/16-rugbyspan, met afrigters Theo Muller (links) en Coenie de Lange. Die span eindig eerste, nadat hulle 24-13 met Alberton High School afgereken het in die finaal.

Triegies lewer weer Super 16 wenners op

 

Sport  Date: 20 April 2012

 

Hoërskool Louis Trichart tree vir die derde agtereenvolgende jaar as algehele wenners van die Super 16 rugby uit die stryd.

Hierdie eer val die Triegie rugbyspelers te beurt, nadat twee van hul spanne, die O/16’s en O/15’s, na afloop van die finaal as algehele wenners aangewys is. Triegies se eerste rugbyspan en die O/14’s eindig beide tweede in die reeks.

Die O/16-span, met afrigters Coenie de Lange en Theo Muller, wen 24-13 teen Alberton High School en die O/15’s, afgerig deur Tjorra Nagel en Jimmy Moody, wen 5-0 teen Hoërskool Nylstroom. Die finaal is op 15 April op die rugbyveld van die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT) in Pretoria beslis.

Een van die miesieshokkiespanne, die O/14-span van afrigters Adri Denner en Lezahn Vollgraaff, is as Super 16 wenners gekroon.

“In die finaal speel die O/14 meisies ‘n skitterende wedstryd teen Hoërskool Kanonkop en eindig 1-1 gelykop aan die einde van die normale tyd. Die wedstryd word toe met strafhoue beslis in ekstra tyd en ons meisies wen 3-2,” sê hokkie-organiseerder me. Marie van Niekerk.

Die eerste hokkiespan verloor 2-1 in ‘n baie harde finale wedstryd teen Hoërskool Nylstroom en eindig as naaswenners van die kompetisie. Die O/15 en O/16 spanne wen onderskeidelik 6-0 en 2-0 en eindig algeheel vyfde in die kompetisie.

By die netbalspanne vaar die O/15-span die beste en eindig derde in hulle afdeling, nadat hulle  21-19 oor Hoërskool Nylstroom geseëvier het. Die O/14’s verloor 28-18 teen Hoërskool Nylstroom en eindig vierde in die kompetisie. Die O/16-span  wen 22-7 teen Hoërskool Cullinan en eindig algeheel vyfde. Die eerste netbalspan verloor 24-16 teen Cullinan en eindig daarmee sesde in die Super 16 reeks.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines