ADVERTISEMENT:

 

Stiefpa wat glo met dogter lol weer in die hof

 

News  Date: 20 November 2009

 

Die lugmagsersant van LMB Makhado wat daarvan beskuldig word dat hy sy 10-jarige stiefdogtertjie seksueel misbruik het, het Maandag weer in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn.

Die 34-jarige man, wat op 2 November in hegtenis geneem is, het verskyn op een klag van verkragting, een klag van die misbruik van ‘n minderjarige vir die vervaardiging van kinderpornografie, een klag van die vertoon van kinderpornografie aan ‘n minderjarige en een klag van die besit van kinderpornografie.

Na bewering hou die klagte teen die man verband met ‘n voorval waar hy die meisie verkrag het en haar gedwing het om orale seks met hom te hê, terwyl hy dit met sy selfoonkamera afgeneem het.

Die man het die foto’s van homself en die dogtertjie ook na die tyd vir die dogtertjie gewys. Hy is in hegtenis geneem, nadat die ma van die dogtertjie op die beeldmateriaal op die gesin se rekenaar afgekom het.

Die hof het Maandag beslis dat die man op 25 November ‘n borgaansoek kan bring tydens sy volgende verskyning. Hy sal intussen in aanhouding bly.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines