ADVERTISEMENT:

 

CoAL brei steenkoolbates uit

 

News  Date: 21 May 2012

 

Australiese mynmaatskappy CoAL of Africa (CoAL) het verlede week aangekondig dat hulle nog ‘n stap nader is aan die aanvulling van hul steenkoolbates in die Limpopo Provinsie.

Dit volg nadat die minister van mynbou en minerale sake verlede week ingestem het tot die oordrag van die Chapudi steenkoolprojek se prospekteerreg.

Volgens die hoof uitvoerende beampte van CoAL, mnr. John Wallington, versterk hierdie transaksie CoAL se posisie as een van die beduidende prospekteer- en mynregtehouers met betrekking tot steenkool in die Soutpansberg steenkoolveld.

CoAL het al in 2010 samesprekings begin met Rio Tinto en Kwezi-mynbou om die Chapudi-projek teen $75 miljoen aan te koop. Kwezi-mynbou was tot verlede week die houer van die Chapudi-projek se eksplorasieregte.

Volgens Wallington maak die aankooptransaksie voorsiening vir die beplanning van toekomstige mynbouprojekte, asook die konsolidasie van verskeie ander persele in die Soutpansberg steenkoolveld.

Die datum vir die nakoming van die voorwaardes ten opsigte van die verkoop van die aandeelhouereise is uitgestel tot 31 Julie 2012. Die koopsom bly steeds $75-miljoen, waarvan CoAL al reeds ‘n $2-miljoen deposito betaal het vir die projek.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines