

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 22 August 2003
MUSINA – Hoërskool Eric Louw se onoorwinlike Rooikatte O/15-rugbyspan het Saterdag (16de) met die Beeldtrofee weggestap na 'n prag oorwinning teen die span van Delmas.
Die Rooikatte het met vier drieë, deur onderskeidelik Magnus Crossberg (2), Henry Smith en Christopher van der Westhuizen, en twee doelskoppe, 'n wentelling van 24-10 opgestapel. Onderkaptein, Jacques du Toit, is deur die voorsitter van Suid-Afrika Skolerugby as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Die afgelope seisoen het die Rooikatte 18 wedstryde gespeel, waarvan hulle net twee nie gewen het nie. In die proses het hulle 'n formidabele 433 punte opgestapel teenoor die 97 van hul opponente. Dit is die eerste keer dat Eric Louw se O/15-span hierdie trofee inpalm. In 1998 het hulle tot in die halfeindronde gevorder.

ADVERTISEMENT:
