

ADVERTISEMENT:

News Date: 23 January 2012
NTK/Landmark-klante in Louis Trichardt het Dinsdag voor geslote deure te staan gekom.
Die winkel moes vir die hele dag gesluit word ná ‘n waaghalsige inbraak. Derduisende rande is buitgemaak.
Net voor oopmaaktyd het bestuurder me. Sonje Thornhill se hart gesink toe sy haar kantoordeur oopmaak en ‘n oopgebreekte kluis haar begroet. Asof dié gesig nie erg genoeg is nie, moes Sonje ook later uitvind dat daar van die maatskappy se eie gasbottels gebruik is om die vuilwerk mee te doen.
Die polisie is dadelik ontbied om ondersoek in te stel. By nadere ondersoek kon daar vasgestel word dat die diewe eers twee gate in die dak van die winkel gemaak het en deur die plafon geklim het. Voordat hulle ‘n gat oopgebreek het in Sonje se kantoor, is die alarmstelsel se drade, wat oor die dak loop, geknip.
Met die alarmstelsel buite aksie kon die diewe ongestoord die kluis oopsny met ‘n blaasvlam (blow torch) en ‘n pad van verwoesting in die administrasiekantore saai. Internet- en telefoonbokse is van die mure afgeruk en die drade in ‘n miernes gelos. Dokumente en tjeks wat begin brand het en leë banksakkies is oor die vloer gestrooi.
Dit was ongetwyfeld ‘n harde werk, want behalwe vir die kontant wat uit die kluis vermis word, het die diewe hulself gehelp aan die winkel se koeldrank.
Sonje kon teen druktyd nie ‘n presiese omvang van die skade gee nie, aangesien personeel nog besig was om voorraad te tel. Die maatskappy se kleingeld vir die kasregisters is ook gebuit.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
