ADVERTISEMENT:

 

Al wat oor is van die BMW, nadat ‘n minibus-taxi in die voertuig vasgery het. Twee van die voertuig se insittendes is dood in die ongeluk. Die ongeluk het Saterdag naby die Capricorn-tolhek plaasgevind.

Groot hoeveelheid ongelukke wek kommer

 

News  Date: 23 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die groot hoeveelheid motorongelukke op die streek se paaie, wat in feitlik al die gevalle toegeskryf kan word aan bestuurders se nalatigheid, is besig om kommerwekkende afmetings aan te neem.

Die afgelope week was geen uitsondering nie, met lede van die plaaslike nood- en reddingsdienste wat in ‘n tydperk van vier dae (15 tot 18 Julie) altesaam nege ongelukstonele bygewoon het. Drie mense is tydens die ongelukke dood, terwyl twee ernstig en vyf lig beseer is.

Die eerste noodlottige ongeluk het op 17 Julie op die N1 suid, naby die Capricorn tolhek, plaasgevind. ‘n Voertuig met drie insittendes het met ‘n minibus-taxi gebots. In die proses is twee van die insittendes oorlede. ‘n Dag later het ‘n man agter in ‘n stadigbewegende vragmotor vasgejaag naby die Ingwe Hotel. Hy is op slag dood.

‘n Lid van die plaaslike Verkeersafdeling, mnr. Nico Theunissen, het die afgelope week sy kommer uitgespreek oor die groot hoeveelheid ongelukke. Hy sê feitlik al die ongelukke kan toegeskryf aan menslike foute. Mnr. Theunissen het bygevoeg dat hulle die afgelope naweek in ‘n stadium tot drie ernstiger ongelukke ‘n dag gedoen het.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines