

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 23 August 2002
MUSINA – Hoërskool Eric Louw se O/14-rugbyspan het Saterdag naelskraap in die semi-finaal van die Beeld-trofee verloor. Die span van C.R. Swart het hulle 13-12 in dié spannende stryd geklop.
Die Louwtjies het vroeg in die eerste helfte punte aangeteken met 'n pragdrie wat verdoel is. Vir die eerste deel van die wedstryd was die tuisspan in volle beheer en het op die doellyn van C.R. Swart geboer. Na nog 'n drie in die eerste helfte was hulle stewig in die saal, maar pleks van om te bly aanval, het die tuisspan begin verdedig.
C.R. Swart se span het vir die res van die wedstryd druk toegepas en twee drieë gedruk, wat nie een verdoel kon word nie. Met 'n paar minute speeltyd oor het die besoekers 'n strafskop oorgesit om die telling na 13-12 te neem. Die Louwtjies het verwoed teruggeveg, maar die eindfluitjie het hul aanslag enkele meters van die doellyn af gestuit.

ADVERTISEMENT:
