ADVERTISEMENT:

 

Ongelukkige inwoners van Tshikota tydens hul protesoptrede voor die landdroshof op Louis Trichardt verlede week. Hullehet gevra dat die Staat nie borg sal toestaan aan die sewe verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle in Augustus 'n 55-jarige inwoner van dié woongebied doodgesteek het nie.

Gemeenskap betoog teen borg

 

News  Date: 23 September 2011

 

Gemeenskapslede van die Tshikota-woongebied het voorverlede Donderdag vir die tweede keer hul misnoë voor die landdroshof op Louis Trichardt gaan wys.

Hul protesoptrede volg na die moord op ´n 55-jarige inwoner van die woongebeid, mnr. Marubuni George Mushapho, op 13 Augustus. Altesaam sewe verdagtes, Tendani Monube, Thanyani Manngo, Ndivhuwo Netshidzivhani, Walter Mulaudzi, Sefularo Sefuka, Donald Manenzhe en ´n minderjarige meisie, is in verband met sy dood in hegtenis geneem. Die sewe het voorverlede Donderdag weer in die hof verskyn.

Voor hul hofverskyning het SANCO (South AFrican National Civic Organisation) se voorsitter in Tshikota, mnr. Ngoako Mothlektiela, ‘n memorandum aan die hof oorhandig, waarin die gemeenskap hul griewe rondom dié saak uitlug.

Die gemeenskap het by wyse van die dokument gevra dat die beskuldigdes nie borg toegestaan moet word nie. Die memorandum is aan ´n verteenwoordigeer van die Makhado Polisie en die Openbare Beskermer oorhandig.

Volgens die dokument staan die gemeenskap borg teen omdat "van die verdagtes vorige veroordelings het." Die memorandum sluit af deur te noem dat die gemeenskap die reg in hul eie hande sal neem indien die verdagtes sou vrygelaat word.

Al sewe se saak is uitgestel tot Woensdag hierdie week vir ´n formele borgaansoek. Teen druktyd was dié aansoek nog nie afgehandel nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines