

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 February 2006
‘n Buitengewone raadsvergadering van die Makhado Munisipale Raad, wat vandeesweek Maandag sou plaasvind, moes onbepaald uitgestel word, omdat nie genoeg raadslede opgedaag het vir ‘n kworum nie.
Die spesiale raadsvergadering is belê om aandag te gee aan die verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansiële state vir die jaar wat op 30 Junie 2005 geëindig het en om kennis te neem van die oorsig oor die Raad se operasionele- en kapitalebegroting van 2005/6, as noodsaaklike voorbereiding vir die begroting vir die komende boekjaar.
Toe die Speaker ‘n alternatiewe datum vir die vergadering probeer vasstel, was raadslede dit eens dat dit geen doel sou dien om die vergadering voor die komende munisipale verkiesing te probeer hou nie, omdat “raadslede te besig is om stemme te werf vir die verkiesing” en daarom nie tyd het om raadsvergaderings by te woon nie.
Net sowat 30 mense, wat ook munisipale amptenare en lede in die openbare galery ingesluit het, het vir die spesiale vergadering opgedaag, en moes onverrigtersake weer huiswaarts keer.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
