Bloues struikel in finaal

Date:

24 September 2004

Read:

1221 0,0,0,0,0,0,0

Print

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Alhoewel die dorp se eerste rugbyspan hul wedstryd in die finaal van die Blou Bulle Plattelandse liga (Limpopo) verloor het, is ondersteuners dit eens dat die span besonders goed gevaar het.

Dit was die algemene gevoel na afloop van die finaal by die Peter Mokaba stadion in Polokwane die afgelope naweek. Louis Trichardt se eerstes het te staan gekom teen Pietersburg Dorp se eerstes. Alhoewel ‘n wen nie vir Louis Trichardt beskore was nie, het die span ‘n seisoen van terugslae, onttrekkings en beserings meedoënloos getrotseer om uiteindelik vir hulself ‘n plek in die finaal te verseker.

Louis Trichardt se punte is aangeteken deur Jorrie Jordaan, Danie Jooste en Nico van der Westhuizen, wat elk daarin kon slaag om deur die verdediging te breek en agter Pietersburg Dorp se doellyn te gaan kuier. Theuns Botha het op sy beurt ‘n verdere twee punte op die telbord geplaas met ‘n suksesvolle doelskop. Die eindtelling was 35-17 in die guns van Pietersburg Dorp.

Met vanjaar se rugbyseisoen byna iets van die verlede neem talle rugbyspelers dié week deel aan die subunie rugbyweek op Levubu. Van die streek se top spelers sal tydens die week in aksie gesien kan word. Elf spelers van Louis Trichardt sal ook uitdraf. Die finaal van die rugbyweek sal Saterdagmiddag (25ste) beslis word.

to comment you need to login first - Login

Dorp se derdes deur na finaal

26 July 2002
Sport: Die vreugdevure het die afgelope naweek hoog gebrand, nadat die dorp se derde rugbyspan deurgedring het na die finaal van die Hentie Serfontein Derdeliga in die senior-afdeling.
784 0 Comments

Drie plaaslike rugbyspelers in Limpopo-span

10 October 2003
Sport: Vir die eerste keer sedert 1994, toe die destydse Verre-Noord uitgefaseer is, is daar op 23 Augustus vanjaar twee volwaardige Limpopo-spanne (ou Verre Noord), 'n senior en O/23-span, aangewys.
900 0 Comments

Louwtjies se O/14 verloor naelskraap

23 August 2002
Sport: Hoërskool Eric Louw se O/14-rugbyspan het Saterdag naelskraap in die semi-finaal van die Beeld-trofee verloor. Die span van C.R. Swart het hulle 13-12 in dié spannende stryd geklop.
710 0 Comments

Site Navigation

Written By

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he hold until today.

Recent Author Articles