ADVERTISEMENT:

 

Die Hendrik Verwoerd-tonnels op die N1-noord moes Woensdagoggend vir etlike ure gesluit word, ná ‘n passasiersbus in die tweede tonnel vanaf Louis Trichardt in vlamme uitgebars het.

N1 toe ná bus in tonnels uitbrand

 

News  Date: 24 October 2011

 

Die Hendrik Verwoerd-tonnels op die N1-noord moes Woensdagoggend vir etlike ure gesluit word.

Dit volg ná ‘n passasiersbus in die tweede tonnel vanaf Louis Trichardt in vlamme uitgebars het. Wonderbaarlik is niemand ernstig beseer in die ongeluk nie. Altesaam 48 passasiers is na die Louis Trichardt Provinsiale Hospitaal geneem vir behandeling van klein snywonde en skok.

Volgens Makhado polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het die brand op die bus ontstaan weens ‘n meganiese fout. Die bus het tussen die twee tonnels aan die brand geraak, waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit teen die veiligheidsreëlings in die tweede tonnel gebots het. Die bus was op pad vanaf Gauteng na Bulawayo in Zimbabwe.

Die bus het in ‘n kwessie van minute feitlik uitgebrand. Chaos het ontstaan soos wat passasiers probeer het om hul besittings van die brandende bus te red, terwyl party in groepies by die ingang van die tonnel gestaan het om uit die reënweer te bly.

Weens die intense hitte van die vuur word daar tans gevrees dat permanente skade aan die tonnel se dak aangerig is. Nooddienswerkers moes al koetsend stukke grond en sement ontduik wat op hulle neergeval het.

Sadike het teen druktyd bevestig dat die tonnels tot verdere kennisgewing gesluit sou wees. Hy kon nie enige aanduiding gee rakende die totale omvang van die skade aan die tonnels nie.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines