

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 April 2012
Die Makhado Munisipaliteit verbeter ten opsigte van die regstel van foutiewe waterrekenings, sê die belastingbetalers. ‘n Probleem word egter ondervind met kommunikasie met die Vhembe Distriksmunisipaliteit, wat vir baie ‘n gesiglose entiteit is.
Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) het verlede week die plaaslike munisipaliteit geloof vir die spoedige regstel van twee van hul lede se rekenings. Die een lid het ‘n skokkende waterrrekening van amper R57 000 vir ‘n residensiële erf ontvang. Dié rekening was vir Maart. Die ander lid se waterlesing is verkeerd geneem.
“Ek het die twee sake op 17 April na die Makhado Munisipaliteit geneem en die amptenaar wat met die waterrekenings werk het dit onmiddellik reggestel,” het me. Aretha Smith, SBBV bestuurder gesê.
Vir navrae oor water, het die Makhado Munisipaliteit Smith verwys na die Vhembe Distriksmunisipaliteit.
“Vhembe is ‘n spook. Hulle is gesigloos en antwoord nie my navrae oor water toetsresultate nie,” sê Smith.
Die SBBV voorsitter, me. Inga Gilfillan, stem nie saam met die beginsel dat die belastingbetalers met die distriksmunisipaliteit moet praat oor water nie.
“Ons koop ons water en elektrisiteit aan by die plaaslike munisipaliteit. Waarom moet ons dan na die distriksmunisipaliteit gaan met ons probleme? Dit is tog ‘n sakebeginsel dat wanneer ‘n mens iets by ‘n winkel koop, jy nie na die winkel se verskaffer of fabriek hoef te gaan met jou probleme nie. Jy gaan na die winkel, wat dit dan met die verskaffer moet uitsorteer tot jou tevredenheid,” sê Gilfillan.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
