

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 May 2011
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 13-jarige stiefdogter seksueel misbruik het en die misdrywe glo op sy selfoonkamera afgeneem het, was Woensdag bereid om letterlik "broek om die knieë" sy onskuld te bewys.
Dit volg nadat die man se regsverteenwoordiger tydens sy sluitingsargument in die Streekhof op Louis Trichardt aangevoer het dat dit nie sy kliënt se geslagsdeel op die foto’s is nie. Die 35-jarige man is in November 2009 in hegtenis geneem, nadat hy glo die meisie verkrag het en na bewering ook pornografiese materiaal aan haar gewys het.
Hy staan tereg op drie klagte van verkragting, een van seksuele aanranding, een van die vervaardiging van kinderpornografie, een klag van die vertoon van kinderpornografie aan ‘n minderjarige en ´n klag van die seksuele vorming van ‘n minderjarige.
Die dogtertjie het Dinsdag agter geslote deure vir die Staat teen die man getuig. Sy is deur een van haar onderwysers bygestaan. Tydens haar getuienis het die dogtertjie bevestig dat die man haar by meer as 10 geleenthede onsedelik betas het. Sy het ook getuig dat die man pornografie aan haar gewys het en haar altyd genader het as haar ma of boetie nie by die huis was nie.
Die man het tydens kruisondervraging ontken dat hy die misdrywe gepleeg het en gesê dat die huis oop was en enige iemand sy selfoon asook die rekenaar kon gebruik om die foto’s te neem en af te laai.
Ter afsluiting het die Staat gesê dat die fotobewysse teen die man oorweldigend is en dat dit die hof in die gelukkige posisie plaas om nie net op die meisie se getuienis staat te maak tydens uitspraak en vonnisoplegging nie.
Die man se regsverteenwoordiger het egter geargumenteer dat sy kliënt se gesig nie sigbaar is op die foto’s nie en dat daar dus nie bo redelike twyfel gesê kan word dat dit sy kliënt se geslagsorgaan is op die foto nie. Hy het ‘n in loco inspeksie aanbeveel om enige onduidelikheid uit die weg te ruim.
Hiertoe het die hof egter nie toegestem nie en gesê as die prokureur die foto’s in despuut wou plaas, hy meer as genoeg tyd gehad het om sy klient deur ‘n mediese dokter te laat ondersoek en so ‘n verslag as getuienis by die hof in te dien.
Die man se saak is tot 3 Junie uitgestel vir uitspraak en vonnisoplegging.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
