ADVERTISEMENT:

 

Pieter en Theresa Jooste van Louis Trichardt het amper rolbalgeskiedenis in die Impala-distrik gemaak toe hulle onderskeidelik eindig as wenner en naaswenner in die Impala Mini-Masters enkelspeltoernooi.

Egpaar maak amper plaaslike rolbalgeskiedenis

 

Sport  Date: 27 June 2008

 

Pieter en Theresa Jooste van Louis Trichardt het amper rolbalgeskiedenis in die Impala-distrik gemaak toe hulle onderskeidelik as wenner en naaswenner geëindig het in die Impala Mini-Masters enkelspel toernooi wat die afgelope naweek in Polokwane beslis is.

Dié toernooi word jaarliks gespeel om die distrik se top enkelspelspelers teen mekaar te laat kragte meet. Spelers neem op uitnodiging deel, op diskresie van die Impala-distrik se keurders en organiseerders.

Die klubs wat in aanmerking kom vir deelname is Louis Trichardt, Makhado Military, Polokwane, Tzaneen, Duivelskloof, Magoebaskloof en Hoedspruit MSC. Daar word jaarliks 16 mans en 16 dames uitgenooi volgens hulle klubprestasies.

Drie mans en drie dames het vanjaar die Louis Trichardt Rolbalklub in die toernooi verteenwoordig. Die toernooi is oor twee dae beslis en die spelers is in vier groepe ingedeel. Elke speler moes op die Saterdag drie wedstryde speel, een teen elk van die ander spelers in sy groep. Daarna het die top twee spelers in elke groep deurgedring na die Sondag se spel, vanwaar die toernooi verder op ‘n uitklopbasis beslis is.

Beide Pieter en Theresa het in die finaal gespeel. Op pad na die finaal het Theresa nie een van haar wedstryde verloor nie, maar verloor ongelukkig in die finaal met ‘n telling van 14-21. Pieter wen op sy beurt die finale wedstryd 21-20.

Na afloop van die Impala Mini-Masters word agt spelers uitgenooi na die provinsiale Limpopo Masters. Laasgenoemde toernooi word eerskomende naweek beslis op Polokwane, en beide Pieter en Theresa sal outomaties deelneem as gevolg van hulle oorwinnings.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines