ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se Wit Leeus is vanjaar se Limpopo se skole rugbywenners en is hier afgeneem na afloop van hul oorwinning van 17-5 oor Hoërskool Eric Louw op 22 Julie.

Triegies se Wit Leeus is provinsie se beste eerstespan

 
Rugby se naam is hoog gehou met Hoërskool Louis Trichardt se skitterende prestasie tydens die finale provinsiale ligawedstryde op 22 Julie.

Die finale het op die velde van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Polokwane plaasgevind. Die Wit Leeus, Triegies se eerstespan, tree as wenners uit die stryd deur Eric Louw met 17-5 te klop. Die O/16A-span is ook trofeewenners, nadat hulle met 10-5 oor Hoërskool Nylstroom geseëvier het. Die O/15A-span deel die trofee met Hoërskool Warmbad na ‘n gelykop telling van 12 elk. Die O/14A’s verloor ongelukkig teen Nylstroom.

Eerskomende Saterdag, 29 Julie, speel die O/14 A-span as naaswenners teen Hoërskool Noorderlig en die O/15A-span teen Hoërskool Stoffberg. Albei hierdie teenstanders is van die Valke en die wedstryde vind tuis op Hoërskool Louis Trichardt se velde plaas. Dit is deel van die Beeldtrofee-kompetisie.

Die eerstespan en O/16A’s speel op 5 Augustus in die kwarteindrondte van die Beeldtrofee. Hulle sal eers later hoor wie hulle opponente is.

Sport - Date: 28 July 2006

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: