ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Ivan Hoare-Palmer (56). Foto verskaf.

Ivan se skielike dood laat groot leemte

 

News  Date: 28 November 2011

 

Die skielike dood van mnr. Ivan Hoare-Palmer het skokgolwe deur die Louis Trichjardt-gemeenskap gestuur.

Ivan (56) het Donderdagaand, 10 November, nog fluks gewerk aan voorbereidings vir die Sondagskoolkonsert by die Lede in Christus Louis Trichardt-gemeente.  Vrydagoggend het sy maagseer gebars en  ‘n kollega by die werk, me. Gizelle van Zyl,  het hom na dr. Lappies Labuschagne geneem. Labuschagne het sy eggenoot, Magriet, laat weet dat Ivan onmiddellik by die hospitaal in Polokwane moet uitkom. Magriet en Ivan (junior) het hom deurgejaag terwyl hy in groot pyn verkeer het. Vrydag om 22:00 is hy in die staatshospitaal in Polokwane geopereer, maar tydens die operasie het sy longe platgeval. Hy is hierna oorgeplaas na die hospitaal se hoësorg eenheid, maar Ivan het nie weer sy bewussyn herwin nie. Hy is Dondag om 10:00 oorlede.

“Dit was ‘n groot skok. Die gemis is verskriklik, maar die wete dat sy saak met die Here reg was, is vir ons ‘n groot troos. Veral die laaste ses maande van sy lewe het hy net vir die Here geleef,” het 'n bedroefde Magriet gesê.

Ivan en Magriet het op 5 November hulle 34ste huweliksherdenking gevier. Hulle woon al die afgelope 20 jaar in Louis Trichardt. Aanvanklik was Ivan verbonde aan die lugmag as ‘n vliegtuigelektrisiën of avionikus. Die laaste aantal jare was hy werksaam by Tractor Field Services, die Massey Ferguson handelaar. Die boeregemeenskap het hom geken vir sy gehalte diens.

“Integriteit en eerlikheid en na-verkoopdiens was vir hom ‘n voorvereiste by elke saketransaksie. Hierdie man het beskik oor ‘n aangename persoonlikheid en het ‘n besonderse talent gehad om met die publiek en veral met vreemdelinge te skakel,” skryf ‘n vriend.

Magriet onthou haar man as ‘n liefdevolle, hulpvaardige mens wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. As stokperdjie kon Ivan die fynste werk aan horlosies doen.

Wyle Ivan laat sy vrou en twee seuns, Ivan (27) en Maxwill (25), asook sy vader en moeder, past. Peter en mev. Mettey Hoare-Palmer, en ‘n broer en suster, agter. Hy is op 16 November vanuit die AGS-kerk begrawe en die diens is waargeneem deur past. Fanie Redelinghuys van die plaaslike Lede in Christus gemeente.

Die gesin het hul dank uitgespreek teenoor pastoor Fanie Redelinghuys en sy vrou Dalene vir al hulle hulp en bystand, asook pastoorspaar Edward en Valerie Swanepoel, die vorige leraarspaar, wat van Van der Bijlpark gekom het. Hulle bedank ook vir Jan Brink van Louis Trichardt Begrafnisondernemers, dr. Lappies Labuschagne, Gizelle van Zyl en kollegas by Tractor Field Services, André van Zyl van ACE Plumbing, Hennie Coetzee, sus Joey en swaer Frans van Zyl, asook almal wat gebel het, iets te ete aangedra het en pragtige blomme gebring het.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines