ADVERTISEMENT:

 

Wyle mev. Maryna Cloete (89).

Nog een van streek se pioniersfigure oorlede

 

News  Date: 30 January 2009

 

Nog een van die Soutpansberg se pioniersfigure, mev. Maryna Cloete, is op 21 Januarie in die ouderdom van 89 jaar oorlede.

Wyle mev. Cloete was ‘n nooi Geyser van die Tshipise-distrik. In lewe was sy met mnr. Ben Cloete van Levubu getroud, waar hulle 28 jaar lank gewoon het. Daarna het hulle na Waterpoort verhuis en toe afgetree in die ouetehuis op Potgietersrus waar hulle 23 jaar woonagtig was. Mev. Cloete was die laaste oorblywende lid van die plaaslike Cloete en Geyser families. Sy sou op 5 Februarie vanjaar haar 90ste verjaarsdag gevier het en sal onthou word vir haar humorsin.

“Baie dankie aan al die instansies wat met reëlings gehelp het, asook vriende wat ons so wonderlik ondersteun het. Spesiale dank aan my familie en die ouetehuis personeel van Potgietersrus wat by my moeder gestaan het die laaste paar jaar wat sy ‘n invalide was. Die kinders sal haar buitengewone menswees en moederskap altyd in hul-le harte dra,” is die boodskap van familielid Alida Brits van Louis Trichardt.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines