ADVERTISEMENT:

 

Man bene kwyt na onderonsie met trein

 

News  Date: 30 April 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - 'n Uitstappie op die spoorlyn het die afgelope week rampspoedig geëindig vir 'n 42-jarige man toe sy been deur die trein afgery is.

Die ongeluk het Sondag omstreeks 03:30 plaasgevind.

Volgens inligting het 'n erg besope mnr. Peter Mukwevho homself voor 'n aankomende trein bevind, nadat hy op die spoorlyn gestap het. Die trein het hom omgestamp en in die proses het mnr. Mukwevho op die spoor beland. Oomblikke later het die trein, wat nie in staat was om betyds te stop nie, mnr. Mukwevho se linkerbeen geamputeer. Daar word vertel dat mnr. Mukwevho erg ontsteld was met die treindrywer aangesien "hy nie kon kyk waar hy ry nie".

Mnr. Mukwevho is na afloop van die ongeluk opgeneem in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal vir mediese behandeling.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines