ADVERTISEMENT:

 

Stiefpa is nie mal nie

 

News  Date: 30 July 2010

 

Die lugmagsersant van LMB Makhado wat daarvan beskuldig word dat hy sy 10-jarige stiefdogtertjie seksueel misbruik het, het verlede Woensdag weer in die streekhof op Louis Trichardt verskyn.

Tydens sy vorige hofverskyning het hy die hof daarvan probeer oortuig dat hy nou mal is. Sy prokureur het aangevoer dat die man ten tye van die misdrywe teen die dogtertjie nie tussen reg of verkeerd kon onderskei nie en nog boonop aan depressie gely het. Toe die man egter uitgevra is na die tipe medikasie wat hy gebruik vir sy depressie, kon hy nie onthou nie.

Die 34-jarige man is in November verlede jaar in hegtenis geneem en het verskyn op een klag van verkragting, een klag van seksuele aanranding, een klag van die vervaardiging van kinderpornografie, een klag van die vertoon van kinderpornografie aan ‘n kind en een klag van die seksuele vorming (grooming) van ‘n kind.

Die man is gestuur vir sielkundige evalusie. Die sielkundige verslag het egter bevind dat die man geskik is om verhoor te word. Sy verhoor is geskeduleer vir 27 tot 29 September vanjaar.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines