Wian Vos kom kuier

From: 25 November 2011 at 05:45 AM

Until: 27 November 2011 at 09:00 AM

Location: Louis Trichardt

Details:

Wian Vos, ‘n aanbiddingsleier wat oor die hele land uitgenooi word, besoek Louis Trichardt van 25 tot 27 November as gas van Manne van die Woord.
Wian bedien die Vrydagoggend die Manne van die Woord by Ocean Basket. Hulle byeenkoms strek van 05:45 tot 06:45.
Vrydagaand is daar ‘n gesinsaand met Wian se orkes in die Edgars-parkeerarea vanaf 18:30. Die toegang vir die aand is ‘n nie-bederfbare produk. Sondagoggend om 09:00 sal Wian ‘n aanbiddingsdiens by die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente lei en die aand ‘n Kerssangdiens.

Upcoming events