From: 19 November 2011

Die streek se gholfspelers word uitgenooi om in te skryf vir die CMR-kantoor op Louis Trichardt se jaarlikse gholfdag eerskomende Saterdag, 19 November.
Die kompetisie sal op beterbal-formaat beslis word. Persone wat wil deelneem kan hul name op die lys by die Soutpansberg Gholfklub aanbring. Heelwat goeie pryse kan gewen word.
Intussen het die CMR gevra dat indien enige iemand nog behulpsaam wil wees met fondse of donasies om hulle te skakel by tel. 015 516 5115 of 082 378 0174.
