ADVERTISEMENT:

 

FOTOGALLERY: Triegies se kaskardag was allerweë weer 'n hoogtepunt

- Date: 20 March 2025

Written by:  / Viewed: 10768


Search for a story:

 

Laerskool Louis Trichardt het Vrydag, 14 Maart, hulle gewilde kaskardag ter fondsinsameling vir die skool aangebied. Die dag word allerweë deur die kinders as 'n jaarlikse hoogtepunt beskou - 'n dag van pret en plesier.

Die name van die kinders en klasse wat die meeste kaartjies verkoop het, asook die wenners van die kaartjies wat uitgeloot is, sal in 'n latere stadium bekend gemaak word. Wat reeds bekend is, is die klasse en spanne wat die meeste rondes voltooi het, en die meeste gees gewys het.

Wat die meeste rondes by die Graad 1's betref, teken die Turbo Snails-span die meeste rondes aan, terwyl die Graad 1Z Ons Gaan See Toe-span die meeste gees gewys het. By die Graad 2's was dit die Graad 2Z Ocean Basket-span wat die meeste rondes voltooi het, terwyl die Graad 2X-klas (Sirkus-span) die meeste gees gewys het. Onder die Graad 3's kon die Graad 3Z se Braai-span die meeste rondes voltooi en ook die meeste gees wys.

Die Graad 4's se Graad 4Z KFC-span het die meeste rondes aangeteken, met die Graad 4A Pirates of the Caribbean-span wat die gees wenners was. Die Ouetehuis-span, oftewel die Graad 5Y-klas, teken die meeste rondes by die Graad 5's aan, terwyl die Graad 5Z Flower Power-span beloon word vir hulle goeie gees. Graad 6Y se Pool Party-span skop stof in hulle mede Graad 6’e se oë met die meeste rondes, terwyl die Graad 6X se Fortnite-span die gees wenners was. Wat die seniors betref, teken die Graad 7Z Kersfees-span die meeste rondes aan, terwyl die gees-toekenning gaan aan die Graad 7A’s se Bikers-span. 

 
Loading more photos…