ADVERTISEMENT:

 

Wyle Willie Oosthuizen (66). Foto verskaf.

Willie finaal gegroet

 

Familie en vriende het Maandag, 19 Julie, tydens ‘n roudiens afskeid geneem van die alombekende Willie Oosthuizen van Louis Trichardt. Die 66-jarige Willie is op 6 Julie ná bykans twee weke in die hoësorg-eenheid van die MediKliniek in Tzaneen weens Covid-19 oorlede.

Willie was ‘n jarelange inwoner van Louis Trichardt en omstreke. As jong man was hy baanmeester by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë, daarna ‘n amptenaar by die huidige Makhado Munisipaliteit, waarna hy sy eie besigheid, All Seasons Tuindienste, op die dorp begin het. Willie was ook ‘n geregistreerde byeboer en was ten tye van sy afsterwe in die proses om sy byeboerdery weer op die been te bring.

Wyle Willie se roudiens het Maandag vanuit die plaaslike Lede in Christus Kerk plaasgevind. Hy word oorleef deur sy seuns Coenie en Wiets, dogter Carina (Froneman), tweelingsuster Drika, ander susters Baba en Anna, sy jongste broer Wiets en aangetroude familie. Die familie het hulle opregte dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Louis Trichardt vir hulle ondersteuning en bystand tydens die afsterwe van Willie.

 

News in brief - Date: 22 July 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: