Akkedis vanjaar ware uitdaging
Vir baie was vanjaar se Akkedis Bergfietsuitdaag ‘n geween en gekners van tande. Die naweek se rondte het ‘n verrassing vir die meer as 100 fietsryers ingehou - die taai roete in die Hanglipplantasie is verander. Vir baie van die deelnemers het dit beteken stoot, stoot, en nogmaals stoot. Gelukkig het die weer saamgespeel.



